’n Dag in Oktober

’n Dag in Oktober —

DEUR: BOK GREYLING —A KOMP 83/84

Die son skroei behoorlik vandag,  en dit is reeds laatmiddag, net die Sonbesies wat die windlose dag geluide versteur met hulle onophoudelike gekerm, dit voel behoorlik of hulle hier binne ‘n mens se kop sit en skuilling soek teen die onuithoubare hitte. My gedagtes kort-kort op ‘n ander plek, dit skiet soos stil films verby my met ‘n paar gedadtes van.. “shit ek sal nou ‘n swembad seermaak,,,mmmm en ‘n yskoue N017” (Lion Lager). Rye swartkolle van voetspore in die diepgetrapte wit sand vang weer my oë, soos ek met my arms dooierus op die Haar stap. Die verdomde Mopanie vlieë wat ook kort-kort lastig raak, ja-nee ek is nie alleen nie, Marais se verbleikte boshoed getuig ook van suffer toe ek opkyk en die nat sweetring opmerk.

“Bok”!!… ‘n Paar tree verder .. Bok!!,, is jy okay? …Yes  eks oraait! ,, “en jy…hoevoel jy?” … Ek’s putte man!! … “Vasbyt”  probeer ek help, ons sal seker afgaan daar by die groot boom. Ek draai om en kyk vir   De Jager, die arme perd lyk omtrent moertoe! Ek gaan staan sodat hy verby my moet gaan..”amper daar ou maat!!” Boat’s (Botes) is so ongeveer 10meter agter my. “Hey Boat’s laatweet die Luttie ons gaan af daar by Kremetart”,  hy antwoord skaars en ek hoor hoe krap die A53 … “Bravo-1, Bravo-1 dis Bravo-2, kom in”…. hy wag ‘n rukkie en roep weer  “Bravo-1-Bravo-1 kom in”…  “Bravo-2 stuur!!”… “Bravo-1… Grootboom af!!…  uit”….”Bravo-2 regso grootboom af… oor en uit”

Soos ek die boom nader, sien ek van die ouens sit al, hier en daar iemand wat reg maak vir ‘n rolletjie in die sand. De Jager, Botes (die ou wat vir “Van” vervang het) en myself moet soos gewoontlik die ingang van die TB (tydelike basis) dek.  Ek sluk swaar aan Boat’s, regte “kleinmannetjie sindroom” toe ek weer aan “Van” (Gideon van Niekerk) dink, ek wonder of hy?…. dis nou al ‘n paar weke vandat die twee Puma helikopters hom kom uitlig het. Die verdomde detonator van daai flippen Claymore myn het sy gesig en oog….. koue rillings hardloop teen my ruggraat af as ek dink aan die dag toe dit gebeur het, honderde kilometers in Angola, nog ‘n goeie mens het sy gat gesien vir Volk en Vaderland.

Die flippen belt om my skouer is taai deurdrenk met sweet wanneer ek dit oor my kop gooi, die 12kg raak soos ‘n ton, maar ai sit Sy vir jou nou lekker in tye soos die… Almal gaan sit eers ‘n paar minute stil en bekyk die omgewing, ons loer vir mekaar, almal in ‘sight’,,die waarneming is gedoen almal hoor afstand van mekaar af en gooi net omdie beurt die “thumbs-up” teken.  Om die beurt buddy-buddy skarrel die manne in hul groot rugsakke vir ‘n mix en ‘tangerine’ is maar die algemeenste in meeste van die ratpaks, die skepwater in ons bottels is nie van die skoonste nie, maar ek het al erger beleef.  Ek lê met my rug teen Haar terwyl De Jager die sakkies maak, ons reelling sê dis sy beurt, want ek het Haar die rondte gedra.

Ek steek ‘n sigaret op, leun oor na my linker jumperboot en haal my “Standard issued Bat survival knife” uit sy skeude en begin met die punt op my bobeen te krap, dis my special, ‘n hartjie met ‘n gebreekte pyltjie van Kupidu en in hoofletters “B.G  LOVE  I.V.N”. duidelik sigbaar is die ligte merke teen die vuilswart taai deurweekte, sand en soutsalpeuter op my brownbroek en dan krap ek dit dadelik weer dood, geweet sy gaan my los as ek hier sit.   “Die donners maak mos almal so”…Weer skryf ek……. “I love Ella” ,,, ek wonder wat doen sy nou, dink sy darem nog aan my en is sy al bewus van “Van” se noodlottige ongeluk?  (Elmarie se neef)

“Dé ….thanks Buddy” en ek krap die drieweke oue swart vuilgeit van my brownbroek af,…“Fokbok!! Spikes is kwaad vandag”  ”Ja-nee hy stryk weer erg op ‘n man se rug ou maat”,,,terwyl ek die sakkie neem en tussen my tande vasbyt en so paar draaie gee, skud goed en die skuim stadig minder raak sien ek die drifsels afsak… “Hey!! ek hoop nie dis beeskak nie”… “never knows” mompel hy terwyl hy omkyk, oogknip en terug leun,,, ons twee is die enigste twee wat onafskeidbaar moet operate, Boats moet net help dra aan die ammo, vierhonderd rondtes om presies te wees, die arme ou moet nog die A53 radio dra, self ‘n ongemaklike pakkie.

Almal se waterbottels het nog net ‘n bietjie troebelwater in en dit is glad nie genoeg om deur te druk na more toe nie.  Ek staan stadig op en sling Haar oor my skouers en  stap na luitenant Van der Merwe toe…”Hey Luttie, ons water is amper klaar, ons gaan dit nie maak tot more toe nie,,, kan ek vir ons Mahango bier gaan koop daar by daai kuka?”.  Nee jy weet julle mag nie drink nie… ek kyk hom skeef aan terwyl ek omdraai en wegstap, “Ja maar ons kan eerder almal vrek van die dors, nê!!!” snou ek hom toe.  Nadat ek myself gaan sitmaak het teen Haar gooi ek ‘n klippie in die rigting van die spoorsnyer wat ‘n paar meter van my af sit,,, hy kyk vir my en ek skree saggies vir hom, “hey Bushie soek jy ‘n honderd rand”?… hy wys vir my met sy duim ‘yes’ en ek beduie so na die Luttie toe… “skiet vir my daai bliksem.”  ‘n Paar minute later kom staan die luitenant voor my,,, “Greyling!!… jy dink maar min van my om my ‘n bliksem te noem.” Ek kyk op na hom toe met skreefies oë.  “ En wie dink jy dra die donnerse bitch vir kilometers in dié bloedige son, en dit sonder water?”,,, Gaan jy en Britz en kry vir ons,,, “thanks”.  Dit het gewerk dink ek by myself toe ons wegstap.

Ek moet behoorlik buk om by die hut se klein ingang in te kom, dit is donker binne en dit neem ‘n paar sekondes voor my oë fokus.  Die suur bedompige rook reuk is prominent, plat op die vloer sit ‘n Owambo myt en borsvoed.  Britz beduie na die groot houer wat daar binne staan..”Mahango bier” en sy knik haar kop, sit die kleintjie neer terwyl sy orient kom.  Sy verwyder die streepsak en hak dit oor die mik van ‘n tak, sy roer die pot deeglik met ‘n stok want al die doepa het al gaan sak van die lank staan. Die melkerige mengsel verander stadig, maar seker in dikkerige geel slikmengsel.  Met ‘n groot kalbas skep sy uit die houer, neem sluk en beduie na my om te drink, ek weet dit is tradisie en om te bewys dit is skoon en drinkbaar, maar in die agterkop bly dit moeilik.  Met my lippe erg getuit probeer ek so min as moontik aan dit kalbas raak.  Britz maak die tou los wat deur die agt bottels geryg is, terwyl hulle vol maak, draai ek om en gaan staan buite en verken die plek en maak seker als is nog veilig, dis altyd gevaarlik veral as daar wel bier te koop is,,, teen 10 sent ‘n liter gee Britz vir haar ‘n rand, maak ‘n buiging, en ons stap terug TB toe.

klein rook wolkies trek plek-plek die lug op, ja-nee dis weer sulke tyd dink ek by myself almal het ‘n rook vuurtjie gemaak en sit kop onderstebo met hulle koppe in die rook, groenerige blare werk baie goed vir ‘n rukkie, maar slaan dan aan die brand as dit droeër word, die beste bly maar ‘n miskoek wat smeul. Die Mopanie vliegies is baie irreteerend, ek myself het al ‘n paar sommer so in my ore dood gedruk. “Gert ons moet nou nie teveel van die brousels drink vandag nie more is weer ‘n langdag”.  Dan roep die siek Loerie, almal kyk in die rigting van die luitenant en weet dis voorwaarts vir die laaste skof.

Dis asof die ergste hitte nou gebreek is en die bietjie voggies in die lyf maak dat die laaste paar kilometer van die dag minder veeleisend is.   Volgens die kaart is dit nog so 13 km, ek en De Jager stap nou langs mekaar, en die keer is ek sonder daardie moord wapen.  Ons rugsakke is aangepas om plek te maak vir elk twee 200 rondte bokse ammunisie  en wat maklik bekombaar is om uittehaal, ‘n 100 rondte halssnoer is binne Haar gelaai, nog ‘n 100 hang om my nek soos groot halssnoer, in totaal 1600 rondtes tussen die 3 van ons.  Die werk van ‘n die “nommer 2” is om die MAG Gunner te ondersteun  en seker te maak die die belde word gelas indien ons kontak slaan, maar is ook toe gerus met ‘n R4 geweer en buite die ses 30 rondte magesyne nog 2 eksta 50 rondte magesyne, net in geval iets skeef loop.

Alhoewel heeltyd waaksaam is, besef ek dat daar plek-plek afstande afgelê word sonder enige idee van hoe dit gebeur het nie, net eergister is drie makkers terug “States” toe in “Jiffy bags”,,, nog ‘n terroriste handgranaat het lewens geneem en verwoesting gesaai, ouboet Frik was mos self ‘n slagoffer,,, was dit ‘n soort gelyke bloedbad?,,, name flits stil, vinnig tog duidelik deur my brein, 12 bloedjonk maats wat in die fleur van hul lewens moes sterf binne minder as 10 maande,,,”who’s next”?  Wanneer Boat’s voor ons sy hand optel en in ‘n sirkel beweenging maak weet ons, ons gaan binnekort weer af om reg te maak vir die aand, ‘n “dogleg”,,, die seine bereik ons altyd laaste omdat ons altyd agter loop om die agter hoede te dek.

Net voor skemer gaan ons af om te eet, ek en De Jager het mos besluit ons dra klaar swaar, so ‘n ekstra paar blikkies kos en ‘n ui of twee sal nou regtig nie ‘n verskil maak aan die vrag wat ons dra nie, ons eet altyd groot,,, ‘n leë sak staan nie regop nie.  ‘n Dixie vol warm gemaakte blikkies kos uit ‘n ratpack saam met ‘n ui is koningskos vir ‘n uitgehongerde man, ‘n “dogbiscuit en cheesy” sal nie werk vir ons MAG gunners nie. Die laastse bietjie swart koffie in die firebucket word in dixie gegooi en is net genoeg om ‘Jippoguts’ te voorkom.

“ Hey!!  Bok kom ons maak gou vir Sussie mooi”,,, selfs Son is uitgepit en maak stadig plek vir Maan.  Baie min mense is lief vir Haar, sys ‘n ‘Moeilike bitch’ en laat nie sommer met Haar mors nie, maar wat verwag jy?… sys ‘n mooi vrou met ‘n willetjie van haar eie, met ‘n drukkie aan twee knippies wip haar toppie vanself oop, en ek gryp haar halssnoer, hy voel-voel Haar terwyl ek hom dophou,,, mmmm ja-nee net ‘n man in murg en been verstaan hoe sy operate,  die bliksem kan dit ook nou al toe oë doen, thats a what you call,,, “a fr@cking good team”,,, ek raak skoon jaloers as ek sien hoe hy haar hanteer, maar nou ja rules is rules en hy het haar vanaand kamer toe gebring en moet haar nou volkome bevredig, ek sal wel weer ‘n beurt kry, maar ai hy het nou twee aande na mekaar die flippen jackpot gestrike,,, terwyl hy haar so mooi hanteer en die fyn sandjies versigtig uit haar vee en haar liggies met olie smeer, moes ek 2de viool speel “grrrr”   ek het haar loop uitgehak en mooi bekyk, die ergste was toe ek die “2by4” deur haar moes trek,,, die hakplekkies in haar halssnoer is reggeskuif en die sand is verwyder.  Sonder woorde wink hy vir my dat ek haar halssnoer moet bring, ek lê dit versigtig neer, hy gooi haar toppie toe, met ‘n ferm stamp spring die knippies in plek.  Ons spreek gelyk, en wens Haar ‘n rustige nagrus toe terwyl hy haar mooi nag sê.  De Jager rol die cleaning kit op terwyl ek 2, tweehonderd rondte belde aanmekaar las, en soos vele ander aande hoop ek dat ons nie vanaand die halssnoer van Sussie hoef te gebruik nie…

Voor ons uit beweeg begrawe ons die evidence en, soos in vir daarts stap ons uit en vee die “tekens” agter ons uit met ‘n paar takke, goed ge-train, eetplek en slaapplek is gewoonlik naby mekaar en hulle weet dit, nou die aand se bloedbad en chaos getuig van hul slingsgeit en die feit dat ons nie aldag weet wie’s wie nie, is hy “PB” (plaaslike bevolkling)  of is hy “hond?”  ‘n Paar honderd meter verder begin die “dogleg” ‘n U-draai van ongeveer 20meter en ons stap nou terug reg langs ons spore.  Twintig meter is genoeg ons sal hoor as iets gebeur.  Ek steek my laaste gifpyltjie aan en trek ’n paar vinnige diep hale, dis jou laaste een vir die dag, praat ek met my self, rook ruik ‘n mens vêr in moeder natuur en die kooltjie word myle in die nag opgemerk.

Dit raak nou vinnig skemer, die maan skep weer so dit sal nie vannaand reën nie, sal ook nie stikdonker nag word nie.  Die donker digte bosse maak dit moeilik om plek te skrop vir die aand, ons bekyk die omgewing en merk die hoogte net die regte spot vir ons, ons maak reg skuins agter die ou miershoop, die hoogte is belangriker as die skuiling wat dit bied.  Ons kyk in die rigting van ons inkomende spoor wat twintig meter oorkant ons lê, in die ‘deur’ van ons ingang, tussen die nege van ons, die sirkel nie te groot waarin ons georden lê nie.  Vannand sal die spoor gedek word met ‘n Claymore myn, Britz en Boat’s maak dit staan so effens aan ons linkerkant en span die toutjies so laag moontlik styf, twee pootjie fakkels sal die ding doen vanaand.  Flink en gebukkend doen Britz sy final check beduie vir Boat’s met die duim, en trek die pennetjies uit,,, die ‘deur’ is toe,,, en hy drafstap terug.

Die Luttie kom maak ‘n draai by elkeen en bevestig net die wagstaan tye, maak seker die toutjie word oohandig en stap weg,,, ”sterkte manne” die Mannetjie is regtig vlymskerp gee hom sy eer met kaart en kompas kan jy hom maar vertrou, klokslag op die regte plek, ek weet van ‘n paar ander seksies wat al sleg verdwaal het.  Dit is nou donker en die stilte is besig om plek in te neem, net hier en daar nog ‘n ou wat nie sy lê kan kry nie, en dan die geritsel van die takkie waaraan die toutjie vasgemaak is, ek gee drie plukke aan die toutjie om die waarskuwings meganisme toets te beantwoord en stuur dit aan,,, dit word begroet.

De Jager lê vanaand aan my regterkant op sy maag met sy voorkop op Sussie se skouer, die man is nie lekker nie, hy is stil deesdae en ek praat baie nie ek glo sy laaste briefie was dalk ‘n “Dear Jonny” want hy is al oor die ding van sy pa.  Sussie blink in die maanlig en dit lyk behoorlik of sy vlerk sleep met die lang halssnoer wat so lang haar lê.  Toe ek hom op sy skouer tik besef ek hy het al weggeraak ek beduie vir hom en hy skuif die takkies mooier oor haar.  Ek draai op my rug en plaas my boshoed onder my kop, sterre glinster en die maan raak soos ‘n dowwe kers wanneer ‘n verdwaalde wolkie hom versteur, uitgeput na ‘n veeleisende dag speel die dag se gebeure vinnig deur my kop, en ‘n vinnige skiet gebed, “dankie Here vir die dag, asseblief hou U hand oor ons vanaand…Amen”.  Die fosfor blink duidelik toe ek oop maak om te kyk hoelaat dit is, 21:05 PM.  Gert is al in droomland ek hoor dit aan sy egalige asemhalig, en hier lê en kan nie aan die slaap raak nie, ons beat begin eers 22:00 en dan sal ek seker nie meer my oë en ore kan oop hou nie.

Ek stop my asemhaling vir ‘n oomblik maak my mond oop en spits my ore,,, daar’s dit weer,,, ek draai versigtig stadig om.  Ek tik aan Gert en hy reageer dadelik en tel sy kop op, hy lê nogsteeds op sy maag, ek beduie met my vinger na my oor, hy verstaan en draai sy kop effens.  Koue sweet volg onmiddelik ons sê nie ‘n woord nie, Gert skuif hom reg agter Sussie in, ek voel aan die R4 en weet sys gereed.  Die takkie beweeg, en ek begroet dit weerskante toe, die wag moes dit ook gehoor het.  Die honde het ons uitgesnuffel, daar is ‘n paar van hulle,,, hoeveel honde?  De Jager knik sy kop skuins en ek beaam en Sussie begin gil ek vuur met die R4 en besef die ander het ook oopgemaak, “Hiers kak!!!” hoor ek vir Gert skree!!!!! Sussie wil nie,,, hy span weer,,, 4 skote, en hy span weer,,, 5 skote,,, Gert swets soos ‘n viswyf.  Die stof en rook maak dat ek nie baie kan sien nie, soos ek langer sarsies met die R4 gooi,,, De Jager sukkel, hy maak vir Sussie oop en ek vang die halssnoer niks is fout  nie, ek skree vir hom,,, ”Gee Haar vir my!!”   en ek voel hoe hy oor sy linker skouer rol en ek spring oor hom, en ek besef dis nie meer ‘n dril nie,,, ek span haar weer 3 skote “ Kom jou bitch!!!!!! Skree ek,,, Skiet nou!!!” “Gert!!.. sy het nie gas nie,,, gee haar gas, baie gas!!”,,, hy gee vir Sussie ‘n paar draaie.  Ek kners op my tande en trek weer, en Sussie begin stoot, nou maak ek skoon Sussie praat weer saam, en as sy praat luister almal, dit het gevoel soos ‘n ewigheid.  Met kort egalige sarsies van so 20 tot 30 rondte op ‘n slag skree ek,,,”Kom bliksems kom!!!!”  !!!Dis oorlog!!! Toe Gert skee hoeveel is die bliksems dan, ontplof die Claymore myn hier reg langs ons, my ingewande ruk van die slag, dis rook en stof, dis nou behoorlik oorlog, jy sien net k@k en hare trek. Sussie praat mooi saam en ek skree vir Gert om nog twee honderd te las.  Iemand het die toutjie getrap, en daar skiet die fakkels die lug op en spat oop, nou is daar eers rook, Sussie is nou vuurwarm en sy stoot behoorlik, die rooi treisers wat sy spoeg dwing respek af en alles val wat voor kom,,,,,,,, STAAK VUUR!!!!! doen die rondte en ek voel Sussie wil nog net ‘n laaste woord in kry, en ek stop met nog so  twee beduidende lang sarsies,,,,Stilte volg…….

Deur die stilte wat volg hoor ek die roggel geluide, dit was ‘n long skoot,,, dié ene was baie naby.  Met die sweet wat langs my slape en ruggraad afloop besef ek my lyf ruk.  Sussie bloos nogsteeds, haar wange gloei oranjerooi en dit lyk behoorlik of sy skaam kry oor haar swak gedrag vroeër,,, ‘n Sigaret,,, ek haal ‘n gekreukelde John Rolfe uit my sak en druk dit teen Sussie se loop met ‘n bewerige hand…. vinnig slaan dit brand……

Word Vervolg………. nie

Die MAGhanic